
Nita se Nuutse Afrikaanse CD "Sê vir my!" nou beskikbaar.
Daar is tye wat ons soms skaam is om ons gevoelens te wys, ons huiwer om diep woorde te gebruik en kommunikeer met “aanvaarbare” taal. Dit wat ons wil se, en dit wat ons moet se is juis die dinge wat ons nie se nie. Die taal van liefde word op baie maniere gepraat, geskenke, klein notatjies, glimlaggies en baie keer baie trane. Liefde is partykeer stil, sonder woorde en ons twyfel soms baie as ons hierdie liefdestaal gebruik. So is liefde ook baie impulsief en lekker en gaan dit gepaard met oneindige energie. Nita Booyse se nuwe album “Se vir my” praat in diepte oor die seer en lekker van die lewe. “Se vir my” is n lekker luister album met 12 snitte wat almal aanraak. Uit die pen van Jeandre Hartman, Nita self en die vervaardiger Miles Shannon, speel Nita met die bittersoet van elke dag en balanseer dit met n tikkie ongewone geur. ………..as ons luister hoor ons die liefde rondom ons, besef ons die diepte daarvan sonder om die stilte te versteur.
Die lewe is kort..... Leef voluit Lag onophoudelik Breek die reels Soen stadig Lief opreg Deel geluk Moet nooit enige iets berou wat jou laat lag het nie! Lank lewe Afrikaanse Musiek
-Nita-